Fantastiese ondervinding in Mosselbaai

Ek hengel al vandat ek kan onthou en probeer die liefde vir die see aan my 10jarige seun oordra.
Ek is self betrokke met diepsee charters in die kaap so ek weet hoeveel werk daar in n enkele trip gedoen word.
Magda het ons met ope arms ontvang om 05h45 die oggend en ons baie welkom laat voel.

Schalk en Chris het ons deur die dag vermaak met grappies en lekker visvang stories van die verlede.
Hulle het ongelooflik hard gewerk om ons op die vis te sit….eers by die rif en dan by daai rif……en vis het ons gekry. Sommer mooi vis.

Schalk en Chris se kennis en liefde vir die see is iets om te beleef.
Baie dankie aan Magda, Schalk en Chris vir n fantastiese dag.
Ek sien julle beslis weer in Desember.

Leave a Reply

Your email address will not be published.