Magda, aan jou en jou span wil ek baie dankie se vir die topgehalte diens wat julle my elke keer gee. Nog nie een keer het ek gesukkel om goeie diens te kry by julle, die moeite wat julle doen om ons op die vis te hou, die kennis en ervaring wat jou span het, die gees op die boot, dit alles maak van julle n goeie span. Better diens en better gees op n diepsee trip het ek nog nerens gekry. Ek sal julle elke keer aanbeveel. Sien baie uit na die volgende trippie saam met julle. Gaan versekker wereens pret wees.