Goeie ervaring

Baie dankie aan Magda vir al die reelings en admin. Al my vrae was met geduld beantwoord en die besprekings proses was maklik. Die bootrit was lekker en ons het verby n groot skool dolfyne gery wat dit baie spesiaal gemaak het. Dankie dat ons kon fotos neem van dit! Die hengel was lekker, Schalk en John het ons mooi gehelp en gewys wat om te doen. Hulle kennis van hengel en die verskillende spesies is verstommend. Hul doen moeite om die regte visvang plekke te kry en doen hul bes dat elkeen met n vis huis toe gaan. Hul hou streng by die reels en die groottes en saklimiete en doen als volgens regulasies. Sal hul beslis aanbeveel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *